Description
28 Dae tot self-liefde joernaal (Die reis na liefde vir jouself), is ‘n Afrikaanse joernaal propvol motivering deur die motiveringspreker, Talana Kuhn. Hierdie joernaal is gepas vir alle dames wat graag weer op ‘n reis na self-liefde wil gaan.
Aktiwiteite sluit in: Foto Plak, 28 Dae Doelwit, 3 Dinge van my lyf waarvan ek hou, 3 Dinge van my gesig waarvan ek hou, bladsye met Self-Omgee, Kweek Bewustheid, My ‘Feel Good’ Woorde asook leë templates vir eie gebruik, Mind Dump aktiwiteit na elke week waar jy jou gedagtes skoon maak, Nota’s, Week Beplanning en Oorsig om jou gemotiveerd te hou en voor te berei vir jou week wat voorlê , Kort Motiveringspraatjies gepas vir elke week se tema, Daaglikse Joernaal (vir 4 weke lank) wat elke week verskil, gevul met oefeninge om jou brein te herbedraad om positief te dink en leef (hou rekord van jou water inname, gesonde eetgewoontes, positiewe woorde, self-omgee en vele meer). Elke week het sy eie tema vanuit die Bybel wat jou op ‘n reis na self-liefde en selfontdekking neem.
Hierdie joernaal het ‘n pragtige skoon ontwerp en is ideaal om jou te motiveer. Elke bladsy is met liefde en deernis ontwerp en geskryf en ons hoop is dat jy na hierdie reis, jouself op ‘n plek van liefde sal vind en sal weet, jy IS goed genoeg, jy IS ‘n pragvrou, jy IS waardig, jy IS volmaak en jy MAG jouself lief hê.